About the room
Opsoek na n afrikaans sprekende dame of LGBTQ man om by ons aan te sluit. Moet netjies en skoon wees. Ons het twee groot honde in die huis. So moet lief wees vir diere. Gebruik van die hele huis is ingesluit. Huur is vir een persoon alleenlik. Daar is een parkering onder dak agter hekke vir jou voertuig. Ons is rokers. Iemand met sober gewoontes. Wat oor naweke gesellig kan wees. Rustige persoonlikheid en geen drama. Moet n vaste werk he. Betroubaar wees. En eerlik wees. Verkieslik jou eie meubels he. Gebruik van die swembad en braai geriewe is ingesluit. Ons is twee dames in die huis. Belangrikste van alles, jy moet glad nie n nalatige persoon wees nie, soos bv deure en hekke vir die honde. Maand tot maand kontrak. Veilige area.
About the roomies
Rustig, vriendelik en kalm atmosfeer. Baie lief vir diere. Hou van oor naweke braai. Almal werkend.